Title: My Bundeltjie Verlede
Author: Janie Cloete-Saal
Size: 210mm x 148mm, 113 pages
ISBN: 978-0-620-62639-2 (print)
In my grootwordjare in Namakwaland het ons mense maar ’n sukkelbestaan gevoer op die flentertjies grond van hul huurpagplasies in die kleurling reservate.
Jou paar bokkies, skapies, pluimvee en trekdiere was jou trots en jou rykdom. Eintlik was die plasies net saaipersele, te klein vir boerdery. Die kommunale gronde wat grootliks in die Boesmanland is het egter uitkoms gebied vir die noodsaaklike weiding. Hoewel party kleinboere nogal sterk op die been gekom het, was ander nie so suksesvol nie. Swaarkry kon nooit rêrig ons mense se gees breek nie, dink ek. Dit was ’n geval van swaarkry maar lekkerbly en deurdruk. Dit was ons leefwyse en ons kultuur, en is dit vandag nog.
Onder sulke omstandighede as kind was daar baie om te ervaar, so anders as in vandag se tyd. Om daardie herinneringe neer te pen, is soos om in ’n ou skatkis te delf en op vergete kosbaarhede af te kom. Ek hoop dit roep ook vir ander soos ek kosbare herinneringe op.
If you are looking for a copy of this book, you can buy a print copy, an ebook or a bulk order from the links below:
Thank you for visiting New Voices xxx