Title: Oos Wes Anapes
Author: Leendert Dekker
Size: 120mm x 140mm, 72 pages
ISBN: 978-0-620-59993-1 (print)
Ierse weerstandigheid teen ellende het in die stadjie Limerick gelei tot jolige rymwedstryde tussen kroeë. Keltiese begaafdheid het ‘n vaste klein digvorm voorgeskryf. Baie rymers het al op die vorm daarvan probeer verbeter, maar met sy vyf kort versreëls, streng rymskema en dertien anapestiese versvoete bly dit die esteties perfekte vorm vir sy doel.
Sukses is behaal wanneer verwagtings in beide mededeling en klankstruktuur gewek en dan tesame in ‘n verrassende slotvers bevredig is. Woordspelings en onverwagte wendings was die maatstaf van kwaliteit, maar ook moes die “limeriek” die maksimum aan spot, skokkende banaliteit of stink storietjies dra.
Die literêre kroegvliegies het uitgeswerm en Engeland hewig met die limeriekkoors besmet. Onder die Britse vlag het dit oor ‘n groot deel van die aardbol endemies geword. By ons, soos elders, word hierdie digvorm op verskillende vlakke van kultuur en fatsoen bedryf. Leendert Dekker het aanvaarbare rympies vir sy naastes probeer maak. Na suiwering van onreinhede (politici, persoonlike venyn, nie-essensiële banaliteit) en vergange dinge vind hy dat die oorblyfsels meermale ontipies van die limeriek is en noem hy hulle eerder anapeste. Die haikoe was ook ‘n kroegvlieg.
If you are looking for a copy of this book, you can buy a print copy, an ebook or a bulk order from the links below:
Thank you for visiting New Voices xxx