Title: KLIP liefdesverse
Author: Andre Bert
Size: 210mm x 148mm, 109 pages
ISBN: 978-0-620-64861-5 (print);
Op twaalfjarige ouderdom het André Bert ’n storietjie geskryf wat sy nie vir haar moeder wou wys nie. Op hoërskool het haar stelwerk aandag getrek, maar sy het natuurwetenskappe haar studieveld gemaak en beoefen in haar onderwysloopbaan. ’n Besondere vriend in Pretoria het haar oë oopgemaak vir die wonder van die woord. “Hy het my verby doringhaaie en konyne in formaldehied laat kyk.” Dit was tydens haar eerste huwelik dat haar man, Angus, vir haar ’n nuwe tikmasjien en kameras gekoop het en haar aangemoedig het om ’n korrespondensiekursus in Joernalistiek te volg. Hy het met kritiese oë oor haar skouer gekyk. Dit was sedert 2000 dat sy op digwerk begin fokus het.
André Bert (geb. Slabbert) is ’n Kapenaar deur aanneming maar “…haar wortels gryp diep vas in krake tussen rots…”, net soos haar geliefde bome van die Oos-Kaapse Noorsveld waar sy gebore en geskool is.
In KLIP, haar eerste gepubliseerde bundel, verwoord sy die verskeidenheid van liefdes in haar lewe, haar verlanges en fantasieë, in die terme van die veld. Nogtans kleef die Kaapse berge en “… die stil bekruiping van die reën …” aan haar “… soos noorsmelk in die oog …”.
Sy het drie kinders en het twee lewensmaats afgegee aan “…die ander-kant…”.
If you are looking for a copy of this book, you can buy a print copy, an ebook or a bulk order from the links below:
Thank you for visiting New Voices xxx