Title: Embrace Jou Kaktus!
Author: Dr Theo Marais
Size: 190mm x 140mm, 203 pages
ISBN: 978-0-620-60567-0 (print)
– 978-0-620-60568-7 (ebook)
Met Embrace Jou Kaktus slaag Theo Marais skitterend daarin om die leser kort-kort te laat skater – en terselfdertyd diep te laat nadink.
In Embrace Jou Kaktus dra dr Marais belangrike lewenslesse op sy humoristiese manier oor. Hy sal byvoorbeeld ’n vertelling begin met dié woorde: “Die stelling word baie dikwels gemaak dat prostitusie die oudste beroep in die wêreld is. Dit is nie. Beroepsliegbek is die oudste.” Dan sleur hy jou met sy uiteensetting mee tot aan die einde. En soms is dit die slotsom wat ʼn mens soos ʼn voorhamer tref, soos in ʼn ander vertelling: “Só leer jy jou vriende ken. Partykeer is vriende die grootste kaktusse in jou lewe.” ʼn Mens wonder dan nie net oor jou eie vriende nie, maar ook oor wat se vriend jý self is . . . Nadat jy Embrace Jou Kaktus gelees het, sal jy beslis anders begin dink oor vriendskappe, verhoudings en ander uitdagings, soos daardie “geld uit die buiteland” waarvoor jy dalk nou al so lank wag . . .
Dr Theo Marais: Besigheidsman, familiemens, vriend, spreker, reisiger, musikant en nou ook skrywer en dosent. Iemand wat, soos baie ander, die lewe se houe
ervaar het. Hy is lief vir sy skoonma (moet dit vir niemand sê nie), sy hond, sy vrou en sy kinders. Nie noodwendig in daardie volgorde nie.
“Ons moet kan lag én leer uit ons ervaringe. Dis nie aldag maklik nie.”
Oor sy ervaringe met die mensdom sê hy, “Hoe meer ek met mense werk, hoe liewer word ek vir my honde!” Ook maar net mens
Visit Dr Theo Marais’ website – www.fire-seed.co.za
If you are looking for a copy of this book, you can buy a print copy, an ebook or a bulk order from the links below:
Thank you for visiting New Voices xxx