Title: As Die Son Altyd Skyn – grootwordstories
Author: Jeremy Buirski
Size: 210mm x 148mm, 228 pages
ISBN: 978-0-620-73353-3 (print); 978-0-620-73354-0 (ebook)
Hierdie boek het oorspronklik begin sodat my dogter Melodi meer van my grootwordjare en haar Buirski en Marais familie kan leer. Ek het egter sedertien uitgevind dat daar ander familie-lede is, soos my niggie Ulrike, my broer se dogter Sunelle, en my niggie Jenny se dogter Ansorette, wat ook graag meer van die verskeie dele van die familie wil weet. Só het dinge ’n bietjie geboemerang en die gevolg was toe hierdie boek. Ek hoop dit beantwoord al jul vrae.
Vir almal wat sedert my kinderjare bygedra het tot al die lekker memories wil ek net baie dankie sê. Daar is mos ’n ware gesegde dat mens jou vriende kan kies maar oor jou familie kan jy niks doen nie, maar oor die algemeen was ek baie tevrede met die familie wat ek aan albei kante gehad het en nog steeds het.
Nou is dit tyd vir die volgende geslag om oor te vat en ons kan hulle net die beste met baie liefde toewens. Ek hoop van harte dat julle hierdie grootword-outobiografie geniet so tussen jul eie avonture deur.
Mense is geduring verbaas as ek vertel dat my oudste memory is my broer Nicky se geboorte, toe ek nie eers twee jaar oud was. Vandag kan ek steeds presies onthou watter hospitaal was dit en wat was die present wat my pa my gegee het toe ons ná ’n besoek terug plaas toe gery het. Dit gesê, indien daar enige foute in hierdie boek voorkom dan is dit 100% my skuld, en ek vra by voorbaat om verskoning.
Geniet dit!
Jeremy J Buirski, Woodbridge Eiland, Augustus 2016
If you are looking for a copy of this book, you can contact the author and order from the links below:
Thank you for visiting New Voices xxx